TripAdvisor

Monday, November 29, 2010

Engelbrecht Troue November 2010

Aan almal wat die Engelbrecht troue so `n sukses gemaak het,

Ek kan nie glo dat die troue verby is en dat daar al amper weer `n week verby is nie.
Nie een oomblik is ek spyt dat ons van Venue verander het nie.Dit was deur en deur die moeitewerd.

Baie dankie aan almal wat gehelp het .Niks het ons gemis nie.Van die moeite met die saal, die verblyf, die gasvryheid tot die tuine en die mooi blommetjies in die beddentjies by die kerk nie. Als was perfek.

Almal is dit eens dat dit `n wenresep was om so `n kuier naweek te kon hĂȘ. Verskeie mense het genoem dat die personeel ongelooflik vriendelik was en dit lyk asof hulle lekker werk en gelukkig is.

As jy vra wat was die hoogtepunt van die naweek was, is almal dit eens…..die kos.Baie dankie Riaan en jou personeel. Wens ons het nader gebly want dan was ons verseker gereelde besoekers daar vir ete.

Al positiewe kritiek wat ek vir julle wil deurgee is dat julle gerus meer detail aan die honeymoon suite kan gee. Ek besef julle het nie so baie troues nie maar dit is eintlik die hoogtepunt van so troue. Miskien spesiale beddegoed net vir sulke geleenthede en dalk bietjie roosblare .Of noem dalk dat die opmaak van die kamer deur die mense self gedoen kan word.

Maar weereens baie dankie. Sal vir julle foto`s stuur sodra ons dit bymekaar het.

Wanda en Etienne

0 comments: